Graham Greene

Graham Greene
Graham in 1975
Graham Greene in 1975
Gebore
Henry Graham Greene

(1904-10-02)2 Oktober 1904
Berkhamsted, Hertfordshire
Sterf3 April 1991 (op 86)
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Alma materBalliol College, Oxford
BeroepSkrywer
Termyn1925–1991
EggenootVivien Dayrell-Browning (1927–1991, sy dood; geskei vanaf 1947)
Catherine Walston, Lady Walston (1946–1966)
Yvonne Cloetta (1966–1991)
KindersLucy Caroline (* 1933)
Francis (* 1936)

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Graham Greene (2 Oktober 1904 – 3 April 1991) is een van die mees gelese Engelse romanskrywers. Sy omvangryke oeuvre word gekenmerk deur sy Rooms-Katolieke geloofsoortuiging, 'n skerp oog vir die plaaslike omstandighede en 'n tematiese betrokkenheid by die korrupte en die gewelddadige in die mens.

Henry Graham Greene is op 2 Oktober 1904 in Berkhamsted (Hertfordshire, Engeland) gebore. Hy het aan die Balliol College in Oxford gestudeer en as joernalis by die Nottingham Journal gewerk. Ná 'n geestelike krisis het hy in 1929 lid van die Rooms-Katolieke kerk geword. Dié krisis word beskryf in sy outobiografie A sort of life, wat in 1971 verskyn het. Van 1926 tot 1930 was hy 'n verslaggewer by The Times, later redakteur van The Spectator en medewerker vir 'n aantal Engelse koerante. As joernalis het hy onder meer Viëtnam, Haïti, Kuba en Meksiko besoek. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het hy vir die inligtingsdiens in Afrika gewerk.

Greene se werk word in vyf groepe verdeel: kortverhale, toneelstukke, reisverhale, vermaaklikheidslektuur en romans. In sy reisverhale kom dikwels elemente van die roman voor. The lawless roads (1939) is byvoorbeeld 'n verslag van Greene se reis deur Meksiko, waaruit die belangrike roman The power and the glory (1940) ontspring het. Die hoofkarakter in dié roman is 'n dranksugtige en sondige priester in Meksiko wat die gebod van naasteliefde egter beter begryp en nakom as talie "goeie" priesters, en juis deur sy sonde skynbaar die naaste aan God leef. Karakters soos dié priester, sondige mense wat ondanks alles goddelike genade kan ontvang, kom dikwels in Greene se werk voor.

Greene se vier toneelstukke is The living room (1935), The potting shed (1957), The complaisant lover (1959) en Carving a statue (1964). Sy kortverhale is onder meer saamgevat in The basement room (1935) en Twenty one stories (1954), A sense of reality (1963), vier magies-realistiese verhale en May we borrow your husband? (1967).

Van 1955 af het Greene meer dikwels politieke situasies in sy romans betrek: die oorlog in Viëtnam en die Amerikaanse inmenging daarin in The quiet American (1955), die diktatuur en terreur in Latyns-Amerika in Our man in Havana (1958) en stedelike terrorisme in The honorary consul (1973).

Misdade speel 'n belangrike rol in die psigologiese rillers England made me (1935), A gun for sale (1936), Brighton Rock (1938) en The confidential agent (1939). Laasgenoemde drie boeke is almal verfilm, asook verskeie ander, onder meer Our man in Havana en The confidential agent. In 1974 het sy biografie oor die losbandige digter en vriend van koning Karel II van Engeland, John Wilmot, Earl of Rochester (1647–1680), verskyn.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy